Skooldrag

Die skool verwag netjiese en korrekte skooldrag van al sy leerlinge. 

Ouers moet ons asseblief in dié opsig ondersteun deur o.a. toe te sien dat hulle kind(ers) oor die regte skoolklere beskik.

Dogters

Somer

Blou romp met ‘n wit hemp en ‘n blou oortrek trui. Die romp nie korter as 15cm bokant die knie wanneer gekniel word nie.

Kort wit sokkies (omgevou)

Swart skoolskoene

Winter

Swart langbroek OF swart romp

Wit skoolhemp met ‘n effe swart trui

Skooldas, kleurbaadjie en swart skoolskoene

Seuns

Somer

Effe vaalgrys kortbroek en wit hemp

Grys skoolkouse

Swart of bruin kalfsleer toerygskoene (geen stewels nie)

Kleurbaadjie opsioneel

Winter

Grys langbroek, skoolhemp met ‘n skooldas, grys sokkies,

skoolskoene en kleurbaadjie

Swart of grys truie wat lyk soos dié wat deur die leweransiers

verskaf word, is toelaatbaar. Handgebreide truie moet ook

V-tipe hals in koussteek wees

Algemene Reëls

NETHEID SEUNS:

  1. Geen gekleurde hare.
  2. Hare moet reggesny wees soos met hulle gereël.
  3. Elke dag skoon geskeer.
  4. Grys kouse met grys langbroeke.
  5. Kortbroek – grys kouse met ‘n blou en wit streep.
  6. Matrieks swart kouse met swart broeke.
  7. Seuns MOET kouse dra geen “secret socks”.
  8. Broekspype mag nie afgewerk word nie.
  9. Swart poleerbare skoene. Geen suede of blinkleer skoene, stewels of “sneakers” nie.

NETHEID DOGTERS:

  1. Haarknippies en rekkies moet skoolkleure wees.
  2. Indien hulle vlegsels het, mag hulle nie versierings daarin dra nie.
  3. ‘n Bolla mag nie groter as jou kop wees nie.
  4. Die meisies moet toesien dat die persoon wat agter haar sit, se visie nie beperk is nie.
  5. Meisies mag PEHS oorbelle, klein silwer of goue studs en klein ringetjies dra. Geen diamant of pêrel-oorbelle. Slegs een oorbel per oorlel.

HARE KLEUR:

Geen strepies. Hare mag nie gekleur word nie.

ROMPIES:

  • 15 cm bokant die waai van die been.
  • Gedurende die winter mag dogters swart rompies en dik swart sykouse dra.
  • Matrieks mag deur die jaar swart rompies dra.
  • Dogters MOET (swart of navy) “ski-pants” onder hulle rompies dra.
  • Oortrekrtuie is verpligtend vir dogters.
  • Naels moet kort wees.
  • Dogters mag nie naellak of gremering dra nie.

CIVVY DAE:

  • Geen spaghetti-bandjie toppies of “tank” tops nie.
  • Geen grimering.
  • Hare moet vasgemaak word.
  • Geen juwele.
  • Kniebroeke en rompies/rokkies mag nie korter wees as 10cm bokant die knie. D.w.s geen kort broeke.
  • Geen lae halse.

*Alle leerders MOET Maandae en Vrydae hulle SKOOLBAADJIES  dra.

Adres

Paul Erasmus Wapen
afAfrikaans