Sport
Sport Types
Gym
Letter from our biokineticist
“Ek is Waynette West, eienaar van Senekal Fitness Centre en Biokinetikus by Paul Erasmus
Hoërskool. Ek het n 4 jaar Menslike Bewegingskunde (MBW) graad voltooi by die Universiteit van
die Vystaat (UVOS) asook n Honeurs graad waarin ek in Biokinetika gespesialiseer het, so het ek ook
n interskap jaar by UVOS voltooi.
Biokinetika ‘Lewe deur Beweging’ as ‘n professie stel hom ten doel om die lewenskwaliteit van ‘n
persoon te bevorder deur middel van ‘n wetenskaplik gefundeerde oefenprogram. Ons gebruik dus
oefening as medisyne vir die verbetering of herstel van ‘n persoon se fisieke toestand. n Biokinetikus
is ‘n gespesialiseerde oefenterapeut wat opgelei is om spesifiek met spesiale populasie groepe te
werk. Hierdie groepe sluit in individue met Kardiale risikofaktore ( hoë bloedruk en Cholestrol,
diabetes, oorgewig & obesiteit), Ortopediese Beserings( Rehabilitasie voor-en na chirurdie,
voorkomende versterking ,rehabilitasie van beserings), kroniese kondisies ( Beroete,
Arthritis,Thrombosis ) asook oefening vir bejaardes om agteruitgang te vertraag. Elke pasiënt/kliënt
word indiviueel ge-evaluaeer en ‘n risikobepaling word gedoen. Daarby ontvang elke pasiënt/kliënt
ook ‘n volledige geindividualiseerde oefenvoorskrif asook die nodige hulp en ondersteuning van die
Biokinetikus.
By Senekal Fitness Centre is een van die groot fokus punte die welstand van elke kind / jong
volwassene, want dit is tog waar ontwikkeling begin .Hier wil ons leerders help om die beste te wees
deur hulle daardie ekstra voordeel te gee in terme van hulle krag, selfvertroue, ratsheid, voetwerk,
liggaams-postuur, spieruithouvermoë, core stabiliteit ens.
Dit is van uiterse belang om spesifieke spiere vir ‘n spesifieke sportsoort te versterk om
sportbeserings en oorgebruiks beserings te voorkom en te verseker dat elke leerder volkome kan
groei en ontwikkel, en dus benodig leerders sportspesifieke programme / wetenskaplike programme
sodat daar aan hul sportbehoeftes kan voldoen en ook om hul persoonlike swakhede te verbeter.
Sportspesifieke toetsings moet gereeld af gele word om die spelers se verbetering te bepaal en om
swakhede te identifiseer wat tot moontlike beserings kan lei.
Hier glo ons dat elke individue uniek is en dus ook so behandel moet word.Daarom wil ons elke
leerder die geleentheid gee om te groei en hulself te vind terwyl hulle ‘n gesonde leefstyl geniet.
Senekal Fitness Centre is nie net vir die jong span nie maar ook vir die ouer wat dink aan
gewigsverlies, kondisioneering vir n sport geleentheid en/of sukkel met n besering of kroniese
kondisies.” ~ Waynette West
Coaches

Mrs. Anine Kitshoff
Netball
Athletics
Cross Country

Mrs. Carien Sonnekus
Athletics
Hockey

Mrs. Louisa Uys
Netball

Mrs. Rita Hepton
Soccer organiser

Mr. Gustav Grobler
Cricket
East-Freestate Chess judge

Mr. Hennie Schoeman
Sport Manager
Rugby
Athletics
Tennis
Golf

Mr. Charles Pieterse
Rugby

Mrs. Isabel Nothnagel
Hockey
Athletics
Girls Cricket
