


Hier kweek ons geleenthede
Die doelwit, strewe en ideaal van die skool is om leerlinge op te voed en te lei tot maksimale verwesenliking van elkeen se Godgegewe potensiaal.
Ten einde hierdie doelwit te bereik, word gestreef na die daarstelling van ‘n opreg-Christelike lewensbeskouing en die aanvaarding van norme en standaarde wat tot sinvolle en bruikbare volwassewording sal lei.
Hoë akademiese standaarde word gestel en sport en kultuurgeleenthede word geskep ten einde die leerlinge as totaliteit te laat gedy.
In die nastreef van hierdie missie word sekere vereistes en verwagtinge gestel aan die leerlinge, personeel en ouerkorps van die skool.